Charakter
Charakter is ‘n Griekse woord wat slegs in Hebreërs 1:3 voorkom.
Volgens “The Complete Word Study Dictionary” het die woord oorspronklik ‘n graveerder of graveergereedskap aangedui. Later het dit die indruk self beteken, gewoonlik iets wat ‘n karakter, letter, merk, teken gegraveer, ingesny of gestempel is. Hierdie indruk met sy besondere kenmerke is beskou as die presiese ewebeeld van die voorwerp wie se beeld dit gedra het.
Charakter dui aan dat die beeld wat beïndruk is, ooreenstem met die oorspronklike patroon.
In Hebreërs 1:3 is hierdie spesifieke verwysing oor die Here Jesus Christus gemaak.
Kol 1:18 Hy is ook hoof van die liggaam, die gemeente…
God ons Vader het ‘n verwagting van ons, die liggaam van Christus, as kinders, om te groei tot ‘n plek waar ons Hom verteenwoordig presies op die manier wat Hy ons geskep het. Ons as seuns van God moet voortgaan met presiese voorstelling.
Wanneer God hom seun noem, is dit omdat God hom toegerus het met die vermoë om ‘n weerspieëling van gees en die aard van God se beeld en gelykenis te wees.
Efesiërs 4:13-14 Ons moet almal tot ‘n volwasse man kom, tot die mate van gestalte wat tot die volheid van Christus behoort. Gevolglik mag ons nie meer kinders wees nie…
Die hartskreet van die apostel Paulus in Galasiërs 4:19 was dat Christus in ons gevorm word.
God die Vader wil hê ons moet tot volwassenheid kom, die enigste plek waarheen die Vader jou sal lei, is na ‘n plek van n volwasse seun.
Mat 5:48 “Daarom moet julle volmaak wees (téleios), soos julle hemelse Vader volmaak is.
Die woord volmaak kan ook met “volwassenheid” (teleiótēs) vertaal word.
Dit is ons verantwoordelikheid om aandag te gee aan ware Apostoliese leringe volgens Handelinge 2:42. (Nie die van die ou of nuwe apostolies nie) Sonder om jouself te onderwerp onder ‘n ware Apostoliese genade, sal jy nie tot volwassenheid voortgaan nie.
‘n Huidige Apostel het eenkeer gesê, “‘n Evangelis sal jou na Christus lei, maar net ‘n Apostel kan Christus in jou vorm. Ja, ek verstaan dat dit die werk van die Heilige Gees is, maar as jy buite die orde is – nie jouself onderwerp aan die genade vaderskap van en ware Apostel – jy sal nie daardie volle maat bereik nie.
Klik hier om voort te gaan na volwassenheid.